30 May
30May

Oneindige skuld gevoelens wat ouers ervaar oor hul kinders.

Ek dink nie ek het al ooit enigiemand ontmoet wat met alle eerlikheid kan sê dat hy of sy oortuig is daarvan dat hy of sy die perfekte ouer is nie. Ons is voortdurend besig om te wonder (en skuldig te voel) of ons genoeg tyd aan die kinders spandeer, genoeg of te veel sakgeld gee, die regte kos voorsit of ons kinders reg leer.

Ek wil vandag vir jou sê dat jy die beste pa of ma is wat jou kind of kinders kan hê. Niemand is beter gekwalifiseerd en toegerus om jou kind groot te maak nie.

Daardie tuis-mamma by die leeskring wat heeldag beskikbaar is vir haar kinders, maak ook soms foute. Daardie pappa wat elke naweek visvang saam met sy seun, skree ook soms op sy kinders. Selfs daai oulike mamma-juffrou help nie altyd haar kind so wonderlik met sy skoolwerk nie!

Alle sondes is jou vergewe.  Daar is slegs 'n paar dingetjies wat jy jou kind kan aandoen wat sulke permanente skade op hom gaan hê dat hy nooit weer gaan regkom nie!  Om die waarheid te sê is daar net een onvergeeflike "sonde" as dit by jou kinders kom: liefde!  Solank jy vir jou kind onvoorwaarlik lief is en vir hom liefde wys, is jy eenvoudig die beste ouer op aarde.  Punt.  Aanvaar dit so en geniet jou kind.  


Hier is 'n paar dingetjies wat jou kan help om jou kroos in perspektief te sien:

  • Jy is jou kind se rolmodel .  Daar is net een mens soos wie jou kind wil wees: soos jy!

  • Jou kind gaan 'n lewensmaat soek soos sy pa of ma.

  • Jy is die enigste persoon wat in al jou kind se behoeftes kan voorsien.  Dit is van basiese behoeftes deur versorging tot liefde!

  • Jy is jou kind se held!  Daar is net een vrou of man in hierdie wêreld wat "alles kan " - dis jy!  Jy kan die spoke wegjaag en die onderwyser regsien.  Boonop kan jy al die seer wegvat en 'n kinderhart troos!

  • Jou kind kopieër wat jy doen en oefen om dit te doen.

  • Daar is niemand anders wie se goedkeuring jou kind so soek soos joune nie.


Sit vir 'n oomblik stil en dink aan jou pragtige kinders.  Dink hoe wonderlik hulle eintlik is en hoe 'n groot seën hulle vir jou is.  

  • Vertel vanmiddag vir jou kind hoe lief jy vir hom is. Maak seker dat jou kind weet dat hy niks kan doen om jou liefde te verdien of nie te verdien nie.  Jy sal altyd vir hom lief  wees.  Jou liefde is sonder enige voorwaardes.

  • Sê duidelik vir jou kind dat jy trots is op haar.  Wees spesifiek en verwys na dinge waarop jy trots is.

  • Druk jou kind 'n slag teen jou vas. Selfs vir Ouboet wat iets wil oorkom as jy hom 'n soen gee.  Hulle maak of hulle nie daarvan hou nie, maar eintlik is hulle mal daaroor!

  • Gee jouself 'n bietjie krediet.  Jy is 'n goeie ouer.  Jy is baie goed toegerus om jou kind te versorg en na om te sien.  Praat positief met jouself.

  • Geniet elke oomblik wat jy het saam met jou kind.  Ons is alreeds in Maart van hierdie jaar!  Hoeveel spesiale oomblikke was daar die afgelope twee maande?  Doen bietjie moeite om spesiale oomblikke te maak.

  • Lag saam met jou kind.  

  • Raak rustig .  Soms probeer ons net te hard.  "So what" as julle nou nie vanmiddag al die huiswerk doen nie? En is dit nou regtig so erg dat jou kind nog nie 8 uur in die bed was nie?

  • Dis nie nodig om vir jou kind die beste en die duurste te gee nie.  Jou kind het net jou tyd, aandag en liefde nodig.  Gaan lê op die bed en gesels of skop bal buite.  Skakel  die TV af en los 'n slag die selfoon.  Fokus op dié belangrikste verantwoordelikheid wat jy he

Met Liefde

Liesel van Zyl

Comments
* The email will not be published on the website.