02 Apr
02Apr

Die wonder van ons geloof is dat ons 'n God aanbid wat in Jesus Christus self mens geword het, tussen ons geleef en gelyy het, gesterwe het op 'n grusame manier, begrawe is en opgestaan het uit die dood. Deur Sy gees leef Hy in ons. Jesus is deel van jou daaglikse lewe, in elke situasie is God in Jesus Christus en die Heilige Gees aan jou sy. Glo dit en deel jou lewe met Hom en ervaar die krag van sy teenwoordigheid in jou lewe.

Wees sterk en dapper, hou jou aan die vereistes van die Here jou God en leef daarvolgens. Gehoorsaam Sy gebooie, bevele, opdragte en bepalings soos opgeteken in die voorskrifte van Moses. Dan sal jy suksesvol wees in alles wat jy doen en waar jy okal gaan. as jy so lewe sal die Here Sy beloftes aan jou vervul.

Wysheid is slegs effektief as dit reg gbruik word. net soos in Salamo se geval is dit duidelik dat God se gawe van wysheid geensins beteken dat jy nie foute gaan maak nie. Effektiewe leierskap kan vernietig word deu 'n oneffektiwe persoolike lewe. maak seker dat jy met die hulp van christus jou potensiaal in die lewe belanseer met die vervulling van jou hoogste verwantwoordelikhede.

Ons moet eerlik, opreg en getrou bly aan God en die mense om ons.

God gee ons die vermoe om met verstandigheid en regverdigheid sy mense te lei as leiers. Hy gee soos vir Salamo vir ons baie wysheid, onderskedings vermoe en kennis wat soos die sand oor die see nie gemeet kan word nie.

Vir baie mensse is die konsep van God se teenwoordigheid by ons moeilik om te verstaan. hulle het 'n vae idee van 'n God wat vanuit die hemel heers. Hy beloon met liefde en straf met woed volgens wat mense verdien. Vir hulle is kommunikasie bepwerk tot aanbiddings dienste in die kerk. God wil met elkeen van ons 'n hegte verhouding he, 'n Verhouding van aanbidding, lofprysing, geloof, tyd met Hom.

Leef nader aan God en word die persoon wat jy bedoel is om te wees.

Met Liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.