24 Aug
24Aug

Johannes 10:10 "Die dief kom vir niks anders om te steel en dood te maak nie en te vernietig".

Satan en sy travante gaan probeer om jou te ontspoor. Jou geluk en vreugde te steel, jou erfenis te steel, jou besigheid te reuneer, jou finansies vas te hou en te steel, jou vas te vang in hoogmoed, vrees, geldgierigheid, verslawings,  afgode (enige iets wat belangriker is as God) en derde geslag sonde maar weet....

"God het gekom sodat ons lewe kan he en om dit in oorvloed te he". Hy wil ons huwelike, verhoudings, besighede seen in oorvloed.

Die Gees is vir my en jou beskikbaar ons moet net gewillig wees om ons aan Hom oor te gee. As jy dit doen dan sal jy "lewe" in die volmaakte sin van die woord en ondervind en verstaan wat Christus in Johannes 10:10 bedoel het.

As jy elke dag in die teenwoordigheid van die meester wandel, sal jou lewe 'n nuwe dinamika vertoon. Jy sal die opwinding ervaar om jou lewe saam met Christus elke dag met entoesiasme te leef in die alomvattende liefde van Christus.

In Hom sal jy jou lewensdoel ontdek en ook die vermoe ontvang om alles te bereik wat Hy vooraf vir jou beplan het. Bly in Jesus en laat Hom in jou bly. Dan sal jy by uitnemendheid weet wat die oorvloed van Jesus Christus behels.

Esegiel 37:23 "Ek sal hulle bevry uit die plekke waar hulle gesondig het en hulle skoonmaak. Dan sal hulle my volk wees en Ek sal hulle God wees". 

Die Here is besig met genesing en restorasie van elkeen van ons en ons geliefdes sodat ons weer as een volk een nasie kan staan vir God se Glorie.

Die Heilige Gees is alomteenwoordig, elke dag en nag. Hy is met ons. Ons moet net ons deel doen vir God se koningkryk dan kan God Sy deel doen in ons lewe.

Lees Esegiel 37: 26-28 en hoor wat se God vir jou.

Met liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.