15 Apr
15Apr

Sagaria 3:6 die Here se "As jy gehoorsaam is aan my wil en my vereistes nakom, sal jy gesag he oor my tempel en sy binnehowe. Jy sal toegang tot my he."

Kwellinge en bekommernis is self vernietgend en ons bring dit oor onsself. Hoe dikwels ondervind ons nie die skadelike gevolge van onnodige besorgdheid nie. Dit is altyd interesant, wanneer slegte dinge met ons gebeur vind daar ook altyd die wonderwerk plaas dat ons krag ontvang om die krises te hanteer deur net stilweg op die Here te vertrou. Met al ons besorgdheid kan ons nie ons dierbares of ons eie lewens verleng nie dit beroof ons net van vrede en geluk. Laat ons dus die woorde van 1 Petrus 5:7 elke dag in ons harte vertroetel en gelowig oproep wanneer kommer oor ons toesak. "Gee al julle bekommernisse aan God oor want Hy gee vir julle om".

Struikelblokke kan oorwin word deur die krag wat God deur Sy Gees aan ons gee. Sagaria se dat mense deur die krag van God groot dinge tot stand kan bring. Die tempel is deur eenvoudige, doodgewone mense weer opgebou.

Sagaria4:6 "Nie met mag of krag nie maar deur my Gees se die Here die Almagtige.

Deur die hele skrif sien ons hoe God mense voorberei deur omstandighede om sy boodskappers te wees. Hy het hulle op 'n besondere taak voorberei deur hulle op dramatiese wyse 'n visioen te laat sien. 

Dink terug aan die ervarings van verskeie mense in die Bybel soos bv. Jesaja 1:6 en 7 "Julle is studdend, van kop tot tone - vol kneusplekke, hale en ontsteekte wonde! Julle beserings is nie behandel of verbind nie. Daaraan is nie salf gesmeer nie. Julle land le in puin en julle stede is afgebrand. Terwyl julle staan en kyk, plunder vreemdelinge julle velde en vernietig alles wat voorkom. Hulle los alles verlate agter. Dan kyk ons verder na wat vir ons gese word in vers 17 "Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense reg behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Baklei vir die regte van die weduwee. ... maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. ....vers 19 "As julle My maar net gehoorsaam en toelaat dat Ek julle help."

God is altyd daar om ons op te tel, ons te help en ons te lei as ons na Hom toe draai en vra.

In Esegiel 1:1 ..." Die hemel het vir my oopgegaan en ek het visioene van God gesien. Esegiel 1:2 ..."en die hand van die Here was daar op hom.

Kyk na Moses in Eksodus 3:1-8. Deur die geskiedenis heen het God eers Sy werkers voorberei voordat Hy hulle uitgestuur het om Sy werk te doen. Toegerus met 'n varser en helder begrip van die Grote God wat hulle dien, het Sy werkers met vertroue uitgegaan om die uitgadings aan te pak en die taak te verig waartoe God hulle geroep en toegerus het.

So doen God dit vandag nog met my en jou.

Wanneer ek in myself begin twyfel word ek net weer stil, gaan sit by die Here se voete en word weer herinner aan God se almag, Sy beloftes aan my. 

God roep nie so seer die bekwames nie maar God bekwaam die wat Hy roep.

Moenie dat die vyand jou bekwaamheid, talente en roeping van jou af steel nie of jou laat twyfel in jouself om te doen wat God van jou vra nie. Jy is reeds toegerus. God het jou reeds vooruit gegaan.

Sagaria 6:7 "Gaan en deurkruis die aarde".

Jy is God se hande en voete hier op aarde. Wees Sy dissipel en verspriet Sy woord en liefde aan die verdruktes. Daar waar jy is of waar die Here jou stuur. Jy is gereed, Jy is voorbereid! Glo en vertrou net in Hom!

Met Baie liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.