29 Dec
29Dec

Ons is amper teen die einde van 2021. Dit is weer 'n goeie tyd vir refleksie, 'n tyd van dankbaarheid, 'n tyd vir familie, 'n tyd  vir aansterk (fisies, geesterlik), 'n tyd van beplanning, doelwitstelling vir die volgende jaar. 'n Tyd van herevalueer, om die dinge te verander wat jy kan en die res te los en te laat gaan en agter te laat in die verlede waar dit hoort. Dis die begin van positiewe voortuitsigte, drome en doelwitte.

Draai weg van die onoorkomelike spanning en onnodige angs wat die lewe jou kan bring deur jou geloof in Jesus te plaas. Hy gee aan jou rigting en daarby die rede van God wat alle verstand te bowe gaan. Wees sonder twyfel en wees sonder ophou dankbaar vir hierdie wonderlike pad wyser en loof gedurig Sy grote Naam!

"Ek is die weg en die waarheid en die lewe, Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie" Joh 14:6.

God is ons oplossing vir elke situasie, probleem, onsekerheid en huiwering. Moenie dat vrees, angs, frustrasie en spanning jou van God af hou nie, inteendeel, Hy is jou oplossing vir elke negatiewe gevoel, ervaring en probleem.

Lees bietjie 1 Johannes dit gaan oor die betroubare woord wat lewe gee. Johannes was een van Jesus se volgelinge. Hy is 'n oog getuie dat Jesus werklik was en is. Dat hy aan hom gevat het, gehoor het en beleef het. Hy wil he ons moet weet dat die wat glo die vreugdes kan ervaar van die lewe. Dat ons ook die eweige lewe beerf.

Hy vertel ons van sy ervarings sodat ons daaruit kan leer. Hy leer ons jy kan nie vir die Here lief wees en vir die dinge van die wereld nie. Ons moet God se gebooie gehoorsaam, dit was ingestel om ons as gelowiges riglyne te gee, om ons te beskerm teen ons sondige natuur. Interesant is dat vals leraars al vanaf 90nC die waarheid oor wie Jesus is ontken het en dit gebeur nog steeds.

Ek kan soms verstaan dat dit vir somige, veral ongeloofwiges nou moeiliker is om die woord te lees en en te glo (veral sonder die Heilige Gees) want niemand leef meer van die Bybelse tyd wat as getuies hierdie gebeurtenisse kan bevestig nie. Ons is egter dalk nou in 'n meer bevoorregte posisie want daar is tog tasbare ontdekkings wel gemaak wat dui op die werklike (kyk net na Jersalem/Israel), en boonop het ons die Heilige Gees wat in ons harte is wat Jesus vir ons 'n werklike ervaring maak op 'n bonatuurlike manier. 

Ons het wonderwerke wat ons sien en ervaar elke dag wat die waarheid vir ons 'n werklikheid maak. Ons hoor Sy stem en kan elke dag as ons net luister. Ons kan met hom praat as ons net tot stilstand kom en tyd met Hom spandeer. Hoe werklik Hy vir jou is hang van jouself af, hoe gereeld jy Hom hoor hang van jouself af, hoe sterk jou verhouding met Hom is hang van jouself af. God is elke dag daar, Hy is heeltyd met jou, Hy wil elke minuut van die dag met jou praat, Hy wil jou insig, raad, wysheid en leiding gee - maar die vraag is luister jy, maak jy die tyd, hoor jy, volg jy Hom en Sy raad, spandeer jy tyd met Hom, bou jy 'n verhouding met Hom elke dag - dit hang alles van jou af! So waar is jy? God is daar, die vraag is, daag jy op? Gaan jy vir 2022 Hom eerste stel?

Al ons antwoorde op elke situasie, angs of vrees kry ons in God se Woord, deur die Heilige Gees. Dit is tot ons beskikking, selfs in al die weergawes en tale wat jy kan dink, harde kopiee en aanlyn, daar is geen verskoning nie - die besluit is joune, wat maak jy met dit wat aan jou gegee en beskikbaar is?

Begin 2022 met die vra: Is jy waar God jou wil he of waar jy wil wees? Stap jy Hom vooruit of stap Hy langs jou of stap Hy jou vooruit. Leef jy in die nou? Hou jy vas aan die verlede of leef jy in 'n droom wereld of leef jy in geloof en hou vas aan die drome wat God vir jou gegee het. 

God se vrede en blydskap is volkome tot ons beskikking vir die wat in Hom glo en vertrou, makliker kan dit nie wees nie en tog .... Onthou, ons optrede, ons lewe, ons gesondheid, ons mense verhoudings weerspeel die waarheid van ons self, van waar ons staan met ons geloof, met ons verhouding met die Here. Ja ons is nie perfek nie, ja ons maak nie altyd die regte besluite nie maar die goeie nuus is as ons, ons sonde bely is God betroubaar en regverdig om ons sonde te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede of besluit.

God is nie net daar vir my en jou nie maar vir die hele mensdom. Laat ons 'n voorbeeld wees vir ander, laat ons Sy hande en voete wees hier op aarde voor ons die ewige lewe ingaan. As ons God innig liefhet sal ons Sy woord gehoorsaam, Sy gebooie onderhou en leef om Sy naam te eer. As ons - ek en jy - so leef in liefde dan het God regtig Sy doel bereik. Ons het dan 'n noue band met Hom. Die wat beweer dat hulle in 'n noue verbintenis met Hom leef moet self probeer streef om ook te leef soos Hy geleef het.

God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie. As ons se dat ons deel het aan Hom maar in geestelike duisternis leef jok ons vir ons self en ander. Ons optrede weerspieel die waarheid. As ons optrede egter van die lig getuig leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus maak ons skoon van alle sonde, die in die verlede, hede en toekoms. Ons kan ons verheug in die waarheid.

Maak jou oe oop vandag, ondersoek jou hart - vra jouself eerlik, leef jy in die lig of duisternis. Die duisternis verblind ons en dan kan ons nie altyd die waarheid raak sien nie. Vra vir Yahweh om die lig te skyn op die duisternis sodat ons kan sien waar ons is, sodat ons, ons sonde kan bely en kan vry kom van dit wat ons in die duisternis hou.

1 Joh 2:12, moedig ons aan om te leef volgens ons Christelike identiteit:

  1. Ons sonde is vergewe op grond van wat Jesus vir ons gedoen het - Leef as verlostes.
  2. Ons is oorwinnaars oor die bose - dryf hulle weg.
  3. Ons lewe in 'n persoonlike verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees.
  4. Ons is kragtig en die woord van God is deel van ons bestaan.

Die beroep op elkeen van ons vandag is: Hou op om die wereld en die dinge van die wereld lief te he. As jy die wereld se leefwyse volg en lief het, behoort jou hart beslis nie ten volle aan die Vader nie want ons kan nie altwee lief he nie. Die tiepiese begeertes vir alles wat die oog sien, menslike begeertes, valse roem van mense en besittings kom nie van die Vader af nie maar het sy oorsprong van die wereld. Die wereld en sy begeertes vergaan. Wie die wil van God uitvoer leef egter vir altyd! Is jy besig met God se wil of jou eie?

Begin 2022 skoon van sonde, skoongewas deur die bloed van Jesus. Sonder valse pretensies. Vol van ware liefde vir God en jou mede mense (vriende, gesin, familie, kollegas, kliente, jou egenoot). Kry vandag jou lewens "scroll" van God af, die een wat Hy vir jou lewe opgestel het, skeur jou "scroll" wat jy opgestel het op en verbrand dit. Tap in by God elke dag en laat sy gees en liefde deur jou vloei - dis al wat Hy van jou wil he.

My vooruitsig is om 2022 in te gaan met 'n dankbare, positiewe houding, baie voortuitsigte, drome en doelwitte.

My vraag aan jou is, hoe gaan jy 2022 in? 

Vandag gee ek vir jou 'n *olyf takkie, laat weet gerus hoe kan ek jou bystaan?

Met liefde

Liesel

*Short Meaning of the Olive Branch - It is first mentioned in Scripture when the dove returned to Noah's ark carrying an olive branch in its beak (Gen. 8:11). Since that time, the olive branch has been a symbol of “peace, reconciliation, new beginnings, renewal, revival, symbol of beauty and abundance".

29 Desember 2021

Comments
* The email will not be published on the website.