08 Jun
08Jun

Wanneer God vir jou 'n visie gee hou daaraan vas, glo en vertrou op die Here dat Hy dit sal verwesenlik. Dit is net die begin van jou reis. 

As ek die storie van Josef lees dan besef ek dat ons tyd nie God se tyd is nie en dat die pad wat ons loop nie altyd, eintlik seker nooit, die pad is wat ons sou uitgekies het om by ons visie uit te kom nie.

Dink daaraan, Josef se droom, sy visie, was net die begin van sy reis. Dit het 30 jaar geneem voor Josef se visie verwesenlik is en was verseker nie die pad wat hy sou of gedink het hy sou volg om daar te kom nie.

Jou visie is die doel waaraan jy vashou terwyl God jou voorberei. God gebruik tyd om 'n sterk fondasie te bou. Hy maak seker dat wanneer die visie verwesenlik word ons voorbereid en 'n opgewasse karakter het om dit te kan hanteer. Hy vat Sy tyd dat ons goeie karakter einskappe aanleer soos leierskap, deursettings vermoe, geduld, kommunikasie, integriteit, wils krag, optimisme, vriendelikheid, liefde, bou verhoudings, vertroue in mekaar.

God versterk ook ons geloof en die vermoe om ons vertroue volkome op hom te plaas. Ons is soms geneig om God tot verantwoording te roep, waarom? Josef was seker dikwels in die versoeking om sy aardse probleme te bevraagteken. Al het God nie al Josef se vrae beantwoord nie het Hy wel in al sy behoeftes voorsien. Hy het vir Josef deur elke probleem, omstandigheid, verhoor en verdrukking gedra, hom beskerm en altyd dinge ten goede laat uitdraai. God het belowe om dit vir jou en my ook te doen.

"Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie". Jos 1:5

"Hy gee jou die krag in ontmoedidiging". Deut 31:8

Hy gee jou die moed om versoekings te weerstaan. Wanneer jy onregverdig behandel word sal jou geloof in God jou deurdra. Ek is tot alles in staat deur God wat my die krag gee.

God het vir Josef guns gegee waar hy ook al was soos bv in die huis van Portifer "Die Here was met Josef sodat dit met hom goed gegaan het in die huis van sy Egiptiese meester". Gen 39:2.

Josef was susksesvol in alles wat hy gedoen het want die Here was met hom. Josef het vasgehou aan sy geloof al was daar bedrog teen hom, al is hy onregverdig behandel. Hy het altyd God ge-eer en erkenning gegee vir sy sukses, vir sy vermoens, net so moet ons God ook eer vir alles wat hy vir ons doen deur die proses. God het vir Josef vergoed vir sy geloof deur hom heerser van Egipte te maak, deur sy drome te laat waar word op Sy manier nie ons manier nie. Ons moet net al ons kwellings vir die Here gee. 

"God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry." Gen 41:52

Barmhartige God en Vader, ons dink met droefheid aan ons gebrek aan ware geloof. Wat vir ons 'n paradys moes gewees het, het ons 'n barre woestyn laat word. Bevry ons van die gevangenskap van onrien gedagtes en begeertes. Gee ons genade om ons swakhede te oorwin. Vervul ons met meer geloof in U en die begeete om onsself volkome aan U oor te gee en toe te wy. Dan sal ons vir die berge laste wat ons neerdruk se:"Mag God jou oplig en in die see gooi." Dan sal niks meer vir ons onmoontlik wees nie; ons kragte sal vernuwe word en ons sal met die vlerke van arende vlieg en deegenoe van u besondere genade wees tot in ewigheid. In Jesus se Naam en met dangsegging. Amen.

Met Liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.