05 Dec
05Dec

Die Here rig elkeen van ons op om 'n beinvloeder te wees. Om mense daar waar jy is te lei na God toe, nie altyd deur wat ons se nie maar deur die voorbeeld wat ons is en leef. Soms vra die Here vir ons om iets te doen of om met iemand te praat en dit is belangrik om eers daaroor te bid, te peins en seker te maak dat dit ooreenstem met die leerstellings van die skrif. As jy leiding en bevestiging kry kan jy in geloof gehoorsaam wees en 'n doener vir God wees. 

Wat ek wel geleer het die laaste paar maande is hoe om net soms stil te wees en elke situasie aan God oor te dra en te weet Hy is God, Hy gaan my vooruit. Soms dink en voel ons dat Hy nie daar is nie maar ons kan verseker weet Hy is besig om aan ons storie te skryf en kan altyd weet dat in alles sal Hy seevier en deur alles word Hy geeer en ek moet soms net uit die pad sodat Hy kan werk deur ons stil wees. Ons kan maar net in gebed intree, in Hom glo en vertrou en God loof en prys vir die uitkoms.

Eff 5:15-20

"Wees baie versigtig hoe julle lewe moenie soos 'n dwaas leef nie, leef wys. Moenie ondeurdag optree nie maar probeer uitvind wat God se wil is. Benut elke geleentheid want ons lewe in slegte tye ... laat die Heilige Gees julle vol maak, terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart ter ere van die Here, se altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge."

Wanneer God vir Jeremia gese het om iets te doen het sy geloof nooit gehuiwer nie omdat Hy op God gefokus het en nooit afgewyk het nie. Wanneer ons, ons oe stip op God gerig hou kan ons vreesloos God se boodskap dra.

2 Tim 1:7

"God het ons nie 'n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing."

Wanneer vrees op ons toesak is dit belangrik om te bepaal wat is die oorsprong van daai vrees. Vrees gaan nie weg gaan nie maar ons kan in oorwinning leef oor vrees as ons dit aanspreek. As ons dit nie aanspreek nie kan dit oorgaan in stress wat weer manifisteer in ons liggaam.  Vrese wat ek nou al in my lewe geidentifiseer het is: 

Vrees vir mislukking; ons is soms bang om iets nuuts aan te pak of om gehoor te gee aan wat God wil he ons moet doen omdat ons bang is dat dit nie gaan uitwerk nie, of dat ons dalk nie die Here reg hoor nie en tog is niks wat ons ooit doen 'n mislukking nie, want God laat alles ten goede uitwerk vir die wat Hom liefhet. Alles wat ons doen is 'n leerskool - of dit nou is om ons karakter te bou, of om vir ons te wys waar ons werklik geestelik staan in ons geloof, en soms is dit ook nie eers oor jou nie maar oor iemand anders wat deur jou iets leer of deur jou leef wyse iets leer of hulle bemoedig. As entrepreneur het ek besef dat as ek my oorgee aan vrees vir mislukking dan gaan ek niks nuuts aanpak nie want dit is deel van die game "you win some you loose some. You learn and move on."

Vrees vir mense; ons is soms meer gepla oor wat ander mense gaan dink, hoe hulle gaan reageer of wat hulle gaan se dat ons dan op die ou end niks doen nie. Ons staan eerder terug. Vrees vir verwerping en mense gaan hand aan hand.

"Vrees vir verwerping'; almal van ons het al verwerping ervaar of dit van jou ouers is, jou vriende, jou kollegas of eggenoot hoe ons egter daarp reageer is 'n ander saak. Hier het ons baie te doen met ons selfbeeld, ons eie waarde. As iemand 'n swak selfbeeld het dan speel verwerping 'n groot rol in ons reaksie, of dit ons gaan halter en of ons dit net laat gaan en vorentoe beweeg. Ons selfbeeld en eie waarde is defnitief die grootste teiken wat die vyand gebruik om ons te keer om tot ons volle potentiaal te groei, ons doel wat God met ons lewe het uit te leef en om ons in ons gemaksone te hou - selfs in ongeloof.

Hoe amaizing is 2 Kor 12:8-9 nie ...

"My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in (jou) swakheid tot volle verwesenliking".

Leef in 'n noue verhouding met die Here elke dag sodat jy 'n geesvervul  lewe kan leef vol van hoop, liefde, geloof, vreugde, deursettings vermoe, selfbeheersing en met 'n dankbare hart.

Met baie liefde

Liesel


Comments
* The email will not be published on the website.