11 Jul
11Jul

As ons Prediker lees dan besef mens dat menslike prestasies op aarde uiteindelik op niks uitloop nie.

Al was ons nalaat is die verskil wat jy in ander se lewens gemaak het. Jou prestasies en besittings gaan tot niet. Jou vreugde le in hoe God jou gebruik om 'n verskil te maak in ander se lewe.

Dit is net wanneer jy alles op aarde geniet waarmee jy besig is terwyl jy jou fokus op die Here hou dat die lewe betekenisvol en vervullend word. Geniet die lewe wat God jou gee.

Ek het daanra nagedink oor alles wat ek bereik het oor al die moeite wat ek gedoen het. Ek het besef hoe sinloos dit alles is. Dis niks anders as 'n gejaag na wind nie. So die vraag is waarmee hou jy jouself besig?

Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van die arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het besef dit is 'n gawe wat uit God se hand kom. God gee wysheid, kennis en blydskap vir die wat Hom vreugde bring. Hy voorsien in al ons behoeftes vir die wat in Hom glo.

Ek het besef daar is vir mense niks beter as om: vrolik te wees, goed te doen, vir ander van Jesus te vertel en om die goeie te kan geniet nie. Dit is alles geleenthede en geskenke van God. God doen dit sodat die mens Hom sal eer.

Ja ek het agtergekom dat daar niks beter is nie as dat mens gelukkig is in hul werk en dit waarmee hul besig is.

Ek het toe opgemerk dat die meeste mense sukses najaag omdat hulle afgunstig is op ander mense en dis ook alles sinloos. 

Die vraag is vir wat werk ek so hard en ontse ek my van alle plesier? Dit alles is sinloos.

Ons almal streef na vooruitgang om ons lewe gemakliker te maak. Dis prysenswaardig in die sin dat mense net die beste wil maak van wat die lewe bied. Dis egter maklik om versot te raak op materiele besittings en dan ander waardes van die lewe ondergeskik daaraan te maak.

Om elke aspek van jou lewe in die regte perspektief te hou moet jy elke tree wat jy gee aan God se wil onderwerp.

Prediker spreek van die nutteloosheid van 'n lewe sonder God. Maak van Hom jou Raadsgewer en Vennoot. Soek sy raad en leiding in al jou besluite. Reageer met geloof op die stem van die Heilige Gees. Dan sal jou lewe nie meer 'n gejaag na wind wees nie, maar 'n bevredigende en oorvloedige bestaan binne die wil van die Almagtige God.

Met Liefde

Liesel


Comments
* The email will not be published on the website.