11 Dec
11Dec

Laat gaan die dinge wat jy nie kan verander nie en verander die dinge wat jy kan. Los die verlede en sien uit na die toekoms en geniet die nou. Leef in die oomblik. Die verklaring klink so maklik om te doen, dit is so eenvoudig as jy daaraan dink maar tog is die verklaring makliker gese as gedoen. 

Ons gedagtes kan soms havoc met ons speel oor ‘n situasie waarin ons, ons bevind. Ons gedagtes word geconsume met die situasie, dit bring stress, vrees en allerhande emosies en vertwyfeling. Net God, deur die Heilige Gees en God se Woord, kan dit stil maak en breek. Deur die hele watpenuitrusting aan te trek en dan op te staan teen die spirituele vyand, kan ons die gemoedsrus kry. Trek die helm aan om jou gedagtes te beskerm. 

Die goeie nuus is dus te midde van beproewing en aanvalle van mense hou vas aan: Psalm 108 se: “My vertroue is in U O God! Ek vertrou geheel en al op U. Ek wil lofliedere sing tot U eer. Here help my tog teen my vyande want menslike hulp is waardeloos met U hulp sal ek seevier want U sal my vyande vertrap.” God gaan ons vooruit en maak die pad vir ons gelyk. Plaas net jou vertroue in Hom.

Vandag roep uit en kom na God toe en vra, Psalm 109: “O God vir wie ek prys moenie stil bly nie want bose en valse mense kla my aan en vertel leuens oor my. Hulle omring my met woorde van wraak en sonder rede vat hulle my aan. As antwoord op my liefde is hulle my aanklaers end it terwyl ek vir hulle bid. Hulle vergeld my met kwaad al was ek net goed vir hulle en hulle bewys haat teen die liefde wat ek gee.” 

Hoe reageer ‘n mens wanneer jy onregverdig beskuldig en kwaadwillig beskinder word? Jy vind jou toevlug in die regverdige God. As jy Sy hulp soek, sal Hy jou vryspraak. Jou vyande sal skande oor hulle eie hoofde bring. In plaas daarvan om self vergelding te soek of om jou self te probeer verdedig, hou aan om God deur die hele proses te loof en te prys. Die Here sal jou red want Hy is getrou en goed. Hy beskerm jou teen jou aanklaers en hulle wat slegte dinge van jou se. Hy sal dit hanteer tot eer van Sy naam. 

“Help my Here red my op grond van U troue liefde. Laat my aanklaers U werk sien en dat U alles self gedoen het. Hulle vervloek my, maar U sal my seen! My aanvallers sal beskaam word. Laat my aanklaers met skande bedeeld word toegewikkel in oneer.” 

“Ek sal egter aanhou om die Here te dank, Hom te prys te midde van die menigte wat my wil veroordeel.” Psalm 112:4 “Vir die opregte breek die lig te midde van die duisternis. God is genadig, barmhartig en getrou.”

“Be stil and know that I am God says the Lord.” Psalm 16. 

Ons vertroue is in God.  Vergewe die vyand vir hulle oordtredings teenoor jou. Hulle valse getuienis en naam skending. Effesiers 6:12 "Ons stryd is nie teen vlees en bloed (mense) nie maar teen die hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker werld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes." dus vergewe ons hul as persoon en bid vir hul siele. Trek die volle gevegstoerusting aan vandag en elke dag vorentoe om jou te beskerm teen die Bose aanvalle van die vyand. Julle sal dan weerstand kan bied, en na die hele geeg verby is, sal julle nog vas staan. 

Effesiers 6:14-18. “Staan dus vas deur waarheid as ‘n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan. Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig, aan soos skoene aan julle voete. Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Dit kan al die brandpyle blus wat die Bose afskied. Gebruik God se verlossing as helm om julle koppe te beskerm en as sward, die Gees, dit is God se word. Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.” 

Die borsharnas wat jou fisiese hart en geestelike hart beskerm. Dat jy nie ‘n hartkuil van jou hart maak teenoor die mense/vyande nie. Hou jou oe gerig op God, nie dit wat om jou aangaan nie. Verder staan terug en vra dat God oorneem en dat Sy naam verheerlik sal word in die situasie. 

Bly dankbaar vir wat God vir jou gedoen het. Vir dit wat jy geleer het, vir die deure wat Hy vir jou oopgemaak het en nog gaan oop maak. Die deure wat God oopmaak kan geen mens toemaak nie.

Gebed: Here laat U gees my in gebed ly tot U wil. Gee my die wysheid en lyding wanneer dit nodig is. Sit ‘n wag voor my mond en hart en hou my opreg in U wee. Hou my regverdig in elke situasie. Gaan my vooruit en maak die pad vir my reguit O Here. Amen.

Met baie liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.