07 Feb
07Feb

Wel my jaar het begin met 'n bang! My dogter word 21, my besigheid groei, ek het 'n fantastiese man, 'n huis wat ek op trots is, my kinders floreer en excell in dit wat hulle doen en verskeie geleenthede kom op hul pad. Ek sit vandag met 'n dankbare hart as ek sien wat ek het en hoe geseend ek en my familie is.

Soms is ons so vasgevang in 'n groef van verbetring - dit wat als nog wil verander of verbeter, dit wat ons nog wil bereik, meer geld, meer besigheid - dat ons nie raaksien wat ons reeds het nie, of wat ons al bereik het nie. Ons kom selfs ondankbaar voor. Dit is dus goed om elke dag tot stilstand te kom en om ons rond te kyk sodat ons met 'n  dankbare hart weer vorentoe beweeg. 

Ek weet nie van julle nie maar ek sukkel met die daaglikse stresse van my besigheid. Ek geniet wat ek doen, inteendeel ek floreer in wat ek doen, ek is in bevoorregte posisies om my passie, talente en skills te kan uitleef, ek is waar God my wil he om 'n verskil te maak in ander se lewens of besighede. Ek sukkel egter om control oor te gee, ek wil alles self hanteer en doen, ek sukkel met, let go and let God. Vandag is ek net weer herinner dat daar net een manier is om die druk en stres te kan hanteer teen die eise van die dag .....

Begin elke dag met die stilte en kalmerende invloed van God - of vir sommige is dit makliker in die aand so eindig die dag af met God se kalmerende invloed. Vertel Hom van jou vrese en van al jou bekomernisse, le alles wat jou onstel by Sy voete neer. Soek Sy hulp om enige iets wat die dag dalk kan oplewer te hanteer en vra Hom om jou laste te help dra. Wy jou vir die dag totaal aan Hom toe en gaan dit dan met sy vrede en krag in jou hart tegemoet.

Psalm 86:15-17 "Die Here is barmhartig en genadig. Hy word stadig kwaad. Hy is vol liefde en trou. Die Here help en vertroos jou."

My gebed vandag is: Here wees ons genadig, gee ons vandag U krag, sterkte, vrede, wysheid en insig. Here dankie vir al U tekens van guns en ons vra dat U vorentoe vir ons sal aanhou guns betoon in elke situasie. Vergroot vandag elkeen van ons se grondgebied - het sy finansieel, ons besighede, ons vriende kring, ons geestelike groei ons besittings, U gee dit vir ons nie omdat ons dit verdien nie maar omdat U vir ons omgee en lief is. U is ons voorsiener en God ons Vader. 

"Let Go and Let God!"

Met Liefde

Liesel

xx

Comments
* The email will not be published on the website.