03 Jul
03Jul

Wanneer 'n mens 'n nuwe onderneming aanpak, ondervind jy oomblikke van twyfel en onsekerheid, en dit is soms die oorsaak van mislukking. Ons grootste onderneming natuurlik is die lewe self. Wanneer jy gekonfronteer word met die opwinding van die toekoms wonder jy soms of jy dit sal kan hanteer, en of jy nie maar sal toegee aan die vrees en onbekende nie. Tevrede sal wees met middelmatigheid en 'n onvervulde lewe nie.

God nooi jou uit om sy vernoot te wees in die onderneming van die lewe. Hy gee aan jou die versekering dat Hy altyd by jou sal wees, met hierdie sekerheid in jou hart kan jy in die krag van die Heilige Gees voortbeweeg na 'n geseende toekoms. Gee aan God volle beheer oor jou lewe. Deur jou vernootskap met Hom sal jy sukses en vrede kry.

Spreuke 3 leer ons, vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staat maak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen, Hy sal die regte pad vir jou wys.

Bly gefokus op God! Spandeer tyd met God om seker te maak jy volg Sy wil en nie jou eie nie. Kyk reguit vorentoe, bly gefokus op wat voor jou is. Merk jou pad duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. Wat jy dink bepaal alles wat jy doen.

Met liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.