19 Jul
19Jul

Psalm 91 se vir ons hy wat woon in die Skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige. Die Here is ons toevlug en ons vesting. Ons God op wie ons kan vertrou. Hy sal jou oordek met Sy vere en onder Sy vlerke sal jy skuil, Sy trou sal jou beskerm soos 'n skild. 

Ek visualiseer elke dag hoe die Here my omvou met sy vlerke, my beskerm, beskut en vertroetel. Dan begin my dag binne sy beskerming.

Dit leer ons, ons hoef nie bang te wees vir die skrik van die nag of die gevare van die dag nie. Verseker sal Hy jou red uit die strik van jou vyand.

As die Here jou toevlug is en die Allerhoogste jou skuilplek, sal geen kwaad jou tref nie. Hy beveel Sy engele om jou op al jou wee te beskerm. Hulle sal jou op die hande dra sodat jy jou voet nie stamp nie.

God se vir ons dat as ons Hom lief het en Sy Naam ken sal Hy ons beskerm. As ons roep sal God ons antwoord, in nood sal Hy by ons wees. God sal ons red en in eer hestel.

Ons moet elke dag ons wapen uitrusting aantrek soos Effesiers 6 vir ons se, want om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet ons God se gevegstoerusting aantrek, want ons styd is nie teen mens nie maar teen die bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie wereld uitoefen, teen die bose geeste in die hemel ruimtes.

Staan dus vas deur die gordel van waarheid om jou heupe en trek God se vryspraak en borsharnas aan. Laat die borsharnas jou, jou gesin, jou waardes, jou geloofsoortuigings weerspieel wie jy is in God. Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig aan soos skoene aan jou voete. Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Dit kan al die brandpyle blus wat die bose afskiet. Gebruik God se verlossing as 'n helm om jou kop te beskerm en die Gees as swaard, die Gees is God se woord.

Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees jou elke keer deur gebed lei. Bly in alle omstandighede op jou hoede en bid vir almal wat aan God behoort. Ons het mekaar se gebede nodig.

Gebed:

Here ek bid dat wanneer ek praat U die woorde aan my sal gee en dat ek met vrymoedigheid U boodskappe sal oordra. Ek is U Ambassadeur hier op aarde, U hande en voete, lei my na waar ek moet gaan en gee my die insig, wysheid en leiding in elke situasie en omstandighede wat ek teekom. Laat U wil geskied, Laat U koningkryk kom deur my lewe. Amen.

Met Liefde

Liesel

xxx

Comments
* The email will not be published on the website.