20 Mar
20Mar

Wanneer laas het jy voorraadopname van jou lewe gemaak? Dink vir 'n oomblik na aan jou persoonlike gedagte wereld, jou gesinheid teenoor ander mense en jou wandel met God.

Lees Lazarus se storie in Joh 11. (Lazarus se siekte verwys na sonde en dat dit lei na die dood) Die gebeurtenis het God gebruik om vir mense te illostreer wat gaan gebeur met Jesus, met ons sonde en die oorwinning wat ons het deur Sy bloed en opstanding oor enige sonde. Ons almal het een of ander sonde wat dalk nog ons lewe beheer, wat besig is om ons te lei na die dood toe en indien ons nie tot die besef kom en weg draai van hierdie siekte (sonde) nie, gaan ons nie geestelik kan groei of vorentoe beweeg nie. 

As ons Job 31 lees, leer ons dat Job tot 'n punt gekom het waar hy terug gekyk het en selfondersoek gedoen het om te sien of daar enige sondigheid wetende of onwetende in sy lewe binne gekom het wat moontlik kon bygedra het tot sy omstandighede waarin hy is. Alhoewel dit nie so was nie wil die Here wel he ons moet 'n bietjie terugkyk en seker maak daar is nie 'n sonde wat ons siek maak en wat kan veroorskaak dat ons net nie geestelike vorentoe kan gaan nie wat selfs na ons geestelike dood toe kan lei.

Self ondersoek kan lei tot verdieping van jou karakter, volwasse begrip, warme barmhartigheid en ryke geestelikkheid.

Vra die Heilige Gees om jou te help om eerlike selfondersoek te doen en ag te slaan op die negatiewe dinge waarop Hy jou wys.

In Job 31 is daar sekere area's van sonde waarna hy verwys het wat ons ook as riglyn kan gebruik:

  1. Sedelikheid of onsedelikheid. Job 31:1 "Ek het myself belowe dat ek nooit na 'n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie"
  2. Bedrog of jok. Job 31:5 "Het ek ooit vir iemand gelieg, of iemand bedrieg?
  3. Begeer. Job 31:7 ..... "of het nie iets begeer wat ek gesien het?"
  4. Egbreek en wellus. Job 31:9 "As ek verlei is deur 'n vrou of my buurman se vrou begeer het."
  5. Hantering van jou werknemers. Job 31:13 "As ek onregveerdig was teenoor my werkers, of geweier het om na hulle te luister"
  6. Gee jy hulp aan armes, weduwees en weeskinders soos God beveel. Job 31:16 "Het ek geweier om die armes te help? Of die hoop vernietig van die weduwees wat na my gekyk het vir hulp?"
  7. Is jy vrygewig of suinig. Nie net wanneer jy geld het nie maar juis wanneer jy nie het nie. Job 31:17: "Was ek suinig om my kos te deel met honger weeskinders? Nee van jongs af sorg ek vir weeskinders. My hele lewe lank gee ke om vir weduwees. Waar ek ook al mense dakloos en sonder klere gesien het, het hulle my geprys omdat ek vir hulle wolklere gegee het om hulle warm te hou."
  8. Child Abuse. Job31:21 "As ek geweldadig was teenoor 'n weeskind omdat ek gedink het ek sou daarmee wegkom .."
  9. Is jy Geldgierig en streef net na rykdom (Is mamoth jou God?). Job 31:24 "Het ek op geld vertrou, of is ek veilig omdat ek baie goud besit? Hang my geluk af van my welstand en alles wat ek besit
  10. Is of was jy betrokke by Afgodery en sterrekunde. Job 31:26 "Het ek ooit gekyk na die son wat skyn, of na die maan se silwerbaan deur die ruimte, en my heimlik laat verlei om hulle te aanbid?
  11. Het jy Bitterheid teenoor iemand, wellus of het jy iemand vervloek of verwens. Job 31:29 "Het ek ooit gejuig by die ondergang van my vyande? of was ek bly as hulle skade gely het?"
  12. Is jy 'n gasheer/vrou en goedhartig teenoor jou vriende, maar selfs ook teenoor mense wat jy nie ken nie. Job 31:32 "Ek het nooit 'n vreemdeling weggewys nie. My deur het altyd vir almal oopgestaan."
  13. Probeer jy jou sondes weg steek. Job 31:33 "het ek ooit probeer om my sondes weg te steek soos mense graag doen?"
  14. Jok jy soms om ongeregtigheid weg te steek. Job 31:34 "Het ek my ongeregtighede probeer ontken? Het ek stilgebly daaroor omdat ek bang was dat mense op my sou neersien?"
  15. Is daar area's in jou lewe waar jy Oneerlik is of was?

Bely vandag met 'n nuwe toewyding aan God en 'n lewe van totale gehoorsaamheid aan sy wil, vra die Heilige Gees om die swak plekke in jou lewe vir jou aan te dui en werk daaraan met toewyding en erns.

Gebed:

"Laat julle leefstyl deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie." Gal 5:16

Almagtige God en Vader van ons Here Jesus Christus, ons dank U dat u Seun triomfanklik geseevier het oor die versoekings van Satan en oor die dood. Christus se opstanding het nuwe betekenis aan ons lewens, sowel as aan die dood en die hiernamaals gegee. U gee aan ons 'n geloof wat verder strek as die dood. U het aan ons hoop gegee wat ons wanhoop in blydskap omskep. U het aan ons liefde gegee wat aan elke verhouding in ons lewe nuwe en sinvolle betekenis gee. Ons swakheid is deur U tot krag omskep. Ons dwaasheid is deur U tot wysheid verander. Dankie dat ons deur U alle versoekings kan oorwin en dat U altyd deur u Woord en u Gees met ons is. Amen.


Met Liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.