02 Jul
02Jul

God roep ons soms om ons wortels op te trek en weg te beweeg na 'n nuwe omgewing, 'n nuwe werk, 'n nuwe vlak van geloof en gehoorsaamheid aan Hom.

Ons hoef nie bang te wees om te "let go" nie veral nie as God in beheer is van jou lewe, jou toekoms, jou besigheid ens nie. Niks is onmoontlik saam met die Here nie, bou jou standvastigheid in die Here.

Soms moet ons die Here vra om ons wortels los te maak wat ons terughou van Sy perfekte wil vir ons lewe, vir ons persoonlike groei, geestelike groei en selfs besigheids groei.

God is ons enigste sekuriteit in hierdie lewe. Alleen as ons sekuriteit op God en Sy onveranderlikheid berus kan ons die toekoms tegemoet gaan.

Psalm 146:3 : "moenie op magtiges vertrou of op mense wat nie kan red nie". Ek het net weer besef, ons is geneig om sekuriteit op mense te bou. Ons besigheids en persoonlike toekoms is egter in die Here se hande nie mense nie. Laat God jou enigste sekuriteit wees... al moet jy jou lewe en toekoms daarop waag.

Laat God die pad vir jou gelyk maak, dat Hy voortuigaan en die deure oopmaak. Jou toekoms en lewe is altyd in Sy hande. Dis is 'n feit waaroop jy kan staan!

As ons Ester 3 lees besef ons, God was haar sekuriteit. So die vraag is waarop berus joune?

Ons leer ook dat Ester het eers gebid en dan vertrou op God se antwoord. Hoe dikwels bid ons nie vir die Here se krag op te tree nie en wanneer die oomblik kom twyfel en of huiwer ons, en dan kom daar niks van ons geloof af nie. Ons kan nie glo en huiwer tegelyk nie dis die een of die ander, maak die besluit en neem die aksie.

My en jou verpligting is om deur stilwees, bepeinsing, skriflesing en gebed in 'n noue voeling met Hom te bly. Jy kan net oorwinnend lewe en die wereld aandurf saam met God en die Heilige Gees. 

Laat die Heilige Gees jou lei en wys wat jou vashou, waarin of waarop jy jou sekuriteit bou sodat jy jou wortels kan los maak en uit trek om in aksie oor te gaan met dit wat die Here vir jou beplan.

Met Liefde

Liesel


Comments
* The email will not be published on the website.