22 Sep
22Sep

Woede is 'n emosie wat op verskillende manier te voorskyn kom: 

Dit kan opvlam oor onreg en gewerld

Dit kan opkom soos 'n sweer wat moet oopbars. 

Watter vorm woede ook al aanneem dit is fisies en geestelik nadelig vir jou. Woede beinvloed jou geestelike lewe negatief. Moenie vergeet nie, dat Jesus Christus ten spyte van gruwelike dade wat teen Hom gepleeg is altyd liefde geopenbaar het, volg die meester se voorbeeld as jy in woede wil uitbars. Dra die persoon wat die woede veroorsaak in gebed aan God op sodat Sy liefde van julle alby besit neem, dan sal die bitterheid en woede verdwyn en vervang word met die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

Met liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.