27 May
27May

"Dit is wat God vir die mensdom se: Om die Here te dien is ware wysheid." Job 28:28

Jou ideale lyk op die oomblik dalk vir jou onbereikbaar, maar jy glo ten spyte daarvan dat jy dit wel kan doen. Wanneer jou lewensdoel onbereikbaar lyk onthou dan dat jy 'n Vader in die hemel aanbid wat groter is as al jou hoogste ideale.

As jy God na wie jy hunker die middelpunt van jou lewe maark en Sy Heilige Gees deur jou vloei sal jy sonder twyfel ontdek dat Hy is altyd by jou en as jy God na wie jy hunker die middelpunt van jou lewe maak en Sy Heilige Gees deur jou vloei, sal jy sonder twyfel ontdek dat Hy is altyd by jou en gaan jou vooruit.

Die hooftema van die bybel se wysheids literatuur (Job, Spreuke, Prediker) is dat ons vir die Here eerbied moet he en moet besef hoe groot Sy majesteit en krag is.

Job het volgehou dat God die bron is van alle wysheid, ten spyte van sy lyding en verliese, kon hy nog steeds bely dat God die bron van wysheid is en om God te dien aan jou insig gee.

Uiteindelik is bewys dat Job se siening 'n produk was van sy inteime verhouding met God wat hom deur sy ellende tot oorwinning gedra het, al het dit nie sonder worsteling gebeur nie.

Om vas te hou in geloof is wysheid, God is in beheer van jou lewe, jou drome en ideale, so hou jou oe gerig op God, hou vas in geloof en weet wie God is en dat Hy besig is om alles in jou lewe te bewerkstellig.

Met liefde

Liesel

Comments
* The email will not be published on the website.